Welkom by Kleuterzone Brackendowns
HELENA COETZEE
Hoof
Brief uit die Hoof se pen:
My naam is Helena Coetzee en vir my is dit n groot voorreg om die hoof te kan wees by Kleuterzone Brackendowns.
Ek is 53 jaar oud en beoefen my passie vir kinders al vanaf ek 18 jaar oud is.Ek is getroud en n mamma met 3 kinders, en ja ook al n ouma van 5 pragtige kleindogters, so dit is vir my n groot voorreg om n dagouma vir elke kleine lyfie te kan wees.
Ons lesse is uiteen gesit om ons skool en personeel se sterk Christelike waardes te kan weerspieel
Ons glo dat elke klein lyfie dit by ons gaan geniet, want hier gaan hul die kans kry om tot hul volle potensiaal te kan ontwikkel en hul drome te kan uitleef .
U kan met n geruste hart u kosbare klein engeltjie in ons sorg los met die wete dat vir ons is elke kind n kosbare geskenk van ons Hemelse Vader en ons daarom u kind sal koester en versorg met baie liefde en respek, terwyl u ,u daaglikse dagtake moet verrig.
Warm drukkies en liefdevolle Kleuterzone
Groete
Helena Coetzee